Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Winternag" deur EUGENE MARAIS
"Winternag" deur EUGENE MARAIS [boodskap #44760] Do, 21 Junie 2001 13:29
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

WINTERNAG
Eugene Marais

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van 'n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk' grashalm se vou
blink 'n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!
Vorige onderwerp: "Die son sak weg" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "In die Slamse Buurt" deur I.D. du PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 18:51:48 MGT 2024